Hoek (meetkunde)

"∠", die simbool vir 'n hoek.

In meetkunde en driehoeksmeting, is 'n hoek die beeld wat op 'n plat vlak gevorm word deur twee strale wat 'n gemeenskaplike eindpunt het. Hierdie eindpunt word die verteks van die hoek genoem. Die grootte van die hoek is die "hoeveelheid rotasie" wat die twee strale skei en kan gemeet word deur die lengte van boog te meet wat deur die punt van een straal gevorm word as dit rondom die verteks geroteer word om saam te val met die ander straal.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy